Tuesday, 3 September 2013

Die Loch-Ness Dorp van Suidhoogland

Terwyl ek langs die diep varswater seil, is ek deur 'n eensame fluitspeler op die bult wakker gemaak. Die konstante, gedreunde klank van sy doedelsak dryf oor die sneeu bedekkende vallei. Dit klink soos 'n swerm bye wat gons. Die vroeë oggend ritueel beteken nog 'n dag in die besige dorp.

Die opgewonde en gretige stemme van jong kinders eggo deur die berge. 'n Sein vir my om versigtig te wees. Meeste van die mense bewe toe hulle my naam hoor. Hulle beskryf my  as 'n enorme waterbees wat dodelik is. Maar, hierdie humoristiese Skotte het werklik geen idee nie. Miskien moet hulle van drank wegbly.

Die dik, grys rook wat uit die skoorstenne kom is, dik in die lug en die ruik van die tradisioneel Skotse ontbyt, swart poeding en aartappel skons, hang in die lug. Die werkende mans en leerlinge loop in die stil strate. Die kroeë  raak lewendig en die oue, dronk mans loop rigtingloos in die straat. 'n Gewoonlike, maar vermaaklike dag in die yskoud Loch-Ness dorp van Suidhoogland.

2 comments:

  1. Enkele opmerkings:

    1. gedreunde klank - dreunende klank
    2. bedekkende - sneeubedekte
    3. Meeste - Die meeste
    4. toe hulle - as hulle
    5. skoorstenne - skoorstene
    6. oue - ou
    7. yskoud - yskoue

    ReplyDelete
  2. Sjoe! Maar die dorp klink verskriklik bedrywig.

    ReplyDelete