"So 'n nuuskierige klein dogtertjie," het my oupa dikwels gesê. Van jongs af, kon jy my tussen die bome in tuine kry, op huise se dakke of onder motors vind. Ek was 'n baie nuuskierige kind wat gretig was om iets te ontdek of om te eksperimenteer.
Ek het meeste van my lewe in die Kaap gebly. Ek het eerstehand die Suid-Afrikaanse lewenstyl ondervind. Daar is soveel seëninge in 'n multikulturele land soos Suid-Afrika en ek is so bevooreg om in Suid-Afrika groot te geword het. Die verskillende kulture inspireer my om my Skotse erfenis na te vors.
Skotse bloed loop diep in my gesin. My ma en my grootouers is regtig Skotte en hulle familie is goed versprei oor die land. Soms kan 'n mens nie hulle verstaan nie met hulle sterk aksent en hulle mode kan 'n bietjie hard op die oë wees. Maar, die Skotte het 'n baie sterk erfenis en is baie trots op hulle kulture en land. Dit sal 'n bietjie koud wees, maar as jy wil, kom saam met my om meer inligting oor my Skotse wortels te leer.
Ek kan nie wag nie!
ReplyDeleteEnkele opmerkings:
1. ek het meeste... - ek het die meeste
2. eerstehand - eerstehands
3. in Suid-Afrika groot te geword het - in Suid-Afrika te kon grootword.
4. soms kan 'n mens nie hulle verstaan nie met hulle sterk aksent - soms kan 'n mens hulle nie verstaan met hulle swaar aksent nie.
5. kulture - kultuur
Vir 'n meisie wat onder motors rond gekruip het het jy nogal in 'n dame ontaard.
ReplyDeleteEk sal graag hierdie tog met jou wil aanpak aangesien my niggie met 'n Skot getroud is.
Ek is baie bly omdat jy Suid Afrika so inspireerend vind want daar is nog soveel om te leer en te ervaar.
Slaan my dood!, wie sou nou kon raai dat ek bevriend is met 'n bloedjonge skotse tiener. Melissa jy is my ewebeeld, ek was ook 'n nuuskierige kindjie in my jong dae, ek is bly dat jy 'n meisie is wat nie sommer netso vergeet waarvandaan sy kom nie.
ReplyDeleteDis baie interessante nuus wat jy my nou sê. Ek het nooit geweet dat ek 'n Skotse dame bevriend het.
ReplyDelete