Wednesday, 25 September 2013

Hoe om 'n goeie Skot te wees

Skotland is 'n pragtige land met 'n ongelooflike kultuur. Die Skotte is 'n baie unieke volk. As jy die Skotse kultuur wil deelagtig word of jy 'n Skotse burger wil wees, is hierdie gids net vir jou!

Hoe om 'n goeie Skot te wees: 
  1. Dra ten alle tye 'n tradisionele Skotse tartan kilt. Jy kan jou kilt aanpas met die volgende bykomstighede: 'n Balmoral of Glengarry hoed, 'n bruin of swart leergoedel, 'n Sporran sakkie, bleek sykouse en grove skoene.
  2. As jy dapper genoeg is om 'n ware Skot te wees, dra jou kilt met geen onderklere nie.
  3. Dit is hoogs aangeraai dat jy leer hoe om die doedelsak te speel. Skotte sal nie beïndruk wees met jou eie gekompineerde musikaal nie.
  4. Maak die kroeg jou nuwe stokperdjie en drink daagliks 'n minimum van vyf alkoholiese drank, verkieslik whiskey.
  5. Om die aksent van 'n Skot te bemagtig, moet jy leer om praat van die voorkant van jou mond. Die beste manier om 'n ware aksent te ontwikkel is om die aksent te luister.
As hierdie gids tot geen hulp is, oorweeg hierdie laaste advies; die belangrikste kenmerk van 'n Skot is om 'n droë sin vir humor te hê. As jy dit benagtig het, sal niemand dit vlaag om jou nasionaliteit te ondermyn.


Tuesday, 17 September 2013

'n Dag niemand sal vergeet nie!

Agter die geslote deur, Dave skud soos 'n blaar. Sy sweet loop af sy gesig terwyl hy probeer homself aantrek. Hy dra 'n groen kilt, wit hemp, swart baadjie en 'n oranje das.

Skielik is daar 'n klop aan die deur. Sy beste vriend, Oliver, stap in en gee hom 'n klop op die skouer. Senuweëagtig Dave is nou wit in sy gesig en moet vinnig sit. Oliver fluister 'n paar motiverende woorde in Dave se oor en na 'n paar diep asems, stap hulle albei kerk toe.

'n Paar myls voor die kerk, hoor hulle die kerk klokke lui. Dave raak rusteloos in sy karsitplek. Die dag het uiteindelik aangebreek. By die ingang kom die splinternuwe, swart Limousine tot stilstand. Dave en Oliver is begroet deur 'n skare van bekende sigte. Die klavier begin speel en die mense stap binne die kerk. Senuweëagtig Dave wag by die altaar.

'n Pragtige bruid geklee in 'n lang, sagte, vloeiende, wit rok, begelei deur haar pa, loop die paadjie af na die altaar. Hulle staan saam teen die altaar en die pastoor begin met die serimonie. Dave hakkel sy geloftes  en wag in afwagting vir die pastoor om te sê jy kan nou die bruid soen. Die pastoor sen die huiwelik en Dave soen sy pragtige bruid. Die skare juig met opwinding en die fees begin.
 
Hand-aan-hand, my neef, Dave, en sy nuwe vrou, Jane, verlaat die kerk, waar hulle nuwe wêreld wag.






 


Tuesday, 3 September 2013

Die Loch-Ness Dorp van Suidhoogland

Terwyl ek langs die diep varswater seil, is ek deur 'n eensame fluitspeler op die bult wakker gemaak. Die konstante, gedreunde klank van sy doedelsak dryf oor die sneeu bedekkende vallei. Dit klink soos 'n swerm bye wat gons. Die vroeë oggend ritueel beteken nog 'n dag in die besige dorp.

Die opgewonde en gretige stemme van jong kinders eggo deur die berge. 'n Sein vir my om versigtig te wees. Meeste van die mense bewe toe hulle my naam hoor. Hulle beskryf my  as 'n enorme waterbees wat dodelik is. Maar, hierdie humoristiese Skotte het werklik geen idee nie. Miskien moet hulle van drank wegbly.

Die dik, grys rook wat uit die skoorstenne kom is, dik in die lug en die ruik van die tradisioneel Skotse ontbyt, swart poeding en aartappel skons, hang in die lug. Die werkende mans en leerlinge loop in die stil strate. Die kroeë  raak lewendig en die oue, dronk mans loop rigtingloos in die straat. 'n Gewoonlike, maar vermaaklike dag in die yskoud Loch-Ness dorp van Suidhoogland.