Wednesday, 2 October 2013

My refleksie oor blog

Toe ek leer ons moet ons eie blog skep, was ek nie baie opgewonde nie. Ek is 'n baie private mens wat nie daarvan hou om myself op sosiale netwerke te beskryf nie. Ek glo in persoonlike medeling en dink sosiale netwerke maak voorsiening vir vals karakters. Maar, wie het gesê ons kan nie ons alterego gebruik nie.

Die opdrag om die blog te skep was maklik om te volg en ek het gedink die opdrag sal 'n stukkie koek wees, maar ek was so verkeerd. Ek het vir so lank gesukkel om my blog se aanbieding te verander en my ontdekking was 'n dag te laat gemaak. Nietemin, eh het positief gebly.

My skryf ervaring was minder stresvolle as in die verlede. Die blog het vir informele skryf toegelaat en dit het skryf 'n bietjie makliker gemaak. My ervaring vir Afrikaanse skryf het stadig verander en ek het meer selfvetroue gevoel. Die ondersteuning en hulp wat ek van vriende gekry het, was uitstekend. Dankie vir almal wat my so gehelp het.

Ek het hierdie opdrag geniet en het so baie geleer. Dit was beslis voordelig en nuttig vir my en ek wil  beslis hierdie opdrag in die toekoms beweel.

2 comments:

  1. Wel gedaan Melissa, gelukkige voorspoed met die pad voorentoe.

    ReplyDelete
  2. Ek het jou "blog" baie geniet! Dit was elke week lekker om te sien wat jy oor die Skotte te sê het. Toe ek in Skotland was het ek saam met 'n klomp van hulle gewerk en kon die helfte van die tyd nie verstaan wat hulle sê nie! Dankie vir jou moeite en sterkte met die eksamen.

    ReplyDelete