"So 'n nuuskierige klein dogtertjie," het my oupa dikwels gesê. Van jongs af, kon jy my tussen die bome in tuine kry, op huise se dakke of onder motors vind. Ek was 'n baie nuuskierige kind wat gretig was om iets te ontdek of om te eksperimenteer.
Ek het meeste van my lewe in die Kaap gebly. Ek het eerstehand die Suid-Afrikaanse lewenstyl ondervind. Daar is soveel seëninge in 'n multikulturele land soos Suid-Afrika en ek is so bevooreg om in Suid-Afrika groot te geword het. Die verskillende kulture inspireer my om my Skotse erfenis na te vors.
Skotse bloed loop diep in my gesin. My ma en my grootouers is regtig Skotte en hulle familie is goed versprei oor die land. Soms kan 'n mens nie hulle verstaan nie met hulle sterk aksent en hulle mode kan 'n bietjie hard op die oë wees. Maar, die Skotte het 'n baie sterk erfenis en is baie trots op hulle kulture en land. Dit sal 'n bietjie koud wees, maar as jy wil, kom saam met my om meer inligting oor my Skotse wortels te leer.